top of page

Die Engelepreek: Wie kan dit hoor, sien, verstaan?

Nagmaal Preek Lukas 2 - Woorde uit sy Woning

Ons vestig vanoggend u aandag op iemand anders se preek ... die Engelepreek. Dis die eerste preek na die Christus se geboorte. Dis die blye evangelie in die nag daar op Betlehem se weivelde. Hier in die randjies rondom Betlehem waar die eerste preek gepreek is, is daar geen kerkgebou in sig nie, geen kerkbanke netjies in ‘n ry nie. Ons neem ons plekke in op die klippe en graskolle tussen die skape ... soos ons dit daar vind. Daar is die herkenbare vorme van die erediens vir ons so afwesig soos dit destyds vir daardie skaapherders was. Die verskyning van die prediker is so skielik en so onverwags vir ons... as wat dit vir die herders was. Ons lees: En meteens ... meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle. Sy preek is kort ... so eenvoudig ... Volgens Buitebybelse bronne was die skaapherders in daardie tyd so min geag dat hulle getuienis in ‘n Joodse hof ontoelaatbaar was. Hulle was uit die aard van hulle beroep by voorbaat onwaardig om in ‘n hof te getuig. Wat het ons dus met hulle in gemeen? Wat is die ooreenkoms tussen ons en hierdie voorlopers van die Here se eerste gemeente sodat ons ook ... sodat ons ook die heerlikheid van die Here kan sien? Want u weet ... hierdie sien ... hierdie sien is nie vanselfsprekend nie ... net soos die hoor van die engele preek nie vanselfsprekend is nie ... net soos die verstaan daarvan nie vanselfsprekend is nie. Hoekom sal die herders dit hoor en sien waar ander niks hoor en sien nie? Hoekom? Wel, ons moet eerstens besef: Hier gebeur geestelike dinge ... en hier word oor geestelike dinge gepreek ... en ons weet die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie ... Hy kan dit nie verstaan nie. Dit is vir hom dwaasheid (1 Kor. 2:13) Die hele Romeinse leer kan op daardie heuwels van Betlehem kampeer ... daar reg langs die skaapwagters en hulle sal niks ... niks sien of hoor nie. Keiser Augustus kan self daardie nag daar wees, maar hy sal vas slaap ... en al sou ook hele Joodse Raad en die Skrifgeleerdes en die vername ouderlinge van Israel daar langs die miskoek vuur saam met die skaapwagters gesit het, dan sou hulle self niks gesien of gehoor het nie, niks van die hemelse heerlikheid ervaar het nie. of die hemelse gesant hoor preek het nie. Hoekom hoor die herders? Want hulle het daarna verlang! O, hulle het so daarna verlang! Hulle het rustelose siele ... siele wat nie tot rus sal kom, alvorens dit weer by God is nie. Hierdie heerlikheid en hierdie preek was die verhoring van hulle gebede ... Bron: Lukas 2:30 Die Engelepreek LUKAS 2:30 position: 580
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page