top of page

Die bose in elke mens

Preek Romeine 7 Heidelbergse Kategismus 44 - Woorde uit sy Woning

Hierdie preek: Tweede diens Lees Rom. 7: 7-25, HK Sondag 44 Met die tiende gebod verhelder God se soeklig die Bose, daardie donker mag in elke mens. Daar waar die aardse wetgewer nie kom nie, daar dring die hemelse Wetgewer in. Die kategismus neem drastiese maatreëls teen bose begeertes .Dit word alle toegang tot ons gedagtes belet. Die stryd teen die sonde is 'n verbete stryd. Reeds in ons gedagtes, in ons begeertes word daardie stryd gewen of verloor. Baie mense het al opgegee om te stry. Ander roep die woorde van die apostel in Rom. 7:24 uit. Die wedergeborene het las met die sonde. Dit pla hom Jesus het mos aan sy dissipels in Johannes 16:8 gesê dat sy Gees na sy hemelvaart na hulle sou kom en dat daardie Gees die wêreld sou oortuig van sonde en geregtigheid ! Daarom moet die wet steeds voorgehou word. Die rede daarvoor is eenvoudig, sê ons kategismus:sodat ons gedurende ons hele lewe ons sondige natuur hoe langer hoe beter kan leer ken. Elke besonderse sondes en sondetjies moet by die naam genoem word … nie om ons plat te slaan nie, maar om ons te laat opkyk na Jesus Christus. Daar's baie slegte begeertes, daar is ook goeie begeertes ... Een daarvan is om by Christus te wees en pm sy rus te ervaar … Die prediking van die wet is nodig om ons biddend en worstelend voor God se troon te stel, om ons die hande geloof na ons Verlosser te laat uitsteek. position: 718
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page