top of page

Christus tussen lewe en dood

Preek Numeri 16 - Woorde uit sy Woning

Hoekom kan net sommige mense in die amp dien? Leer die Bybel regtig dat slegs mans mag preek? Staan dit regtig daar dat slegs predikante die nagmaal mag bedien? Wat van vroue? En Gays? Woordverkondiging, Numeri 16, ds Gustav Opperman,. 420 Preke, Bybelstudies en aktuele Kategismus beskikbaar op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Baie van die gebeure, wat hier in Numeri 16 verhaal word, kon net sowel die hoofopskrifte vandag se media gewees het. Ons het gelees die mense het in groot getalle bymekaargekom. Die atmosfeer is ryp vir ‘n revolusie. Die mense is kwaad. Hulle is kwaad omdat die leiers hulle in die steek gelaat het. Hulle nog nie alles gekry wat hulle meen hulle toekom nie. Hulle wantrou die gesag wat oor hulle aangestel is. Reeds vroeg in die Eksodus gebeure, toe die volk nog slawe in Egipteland was, moes Moses hoor: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? (Eks 2:14) En nou jare later, na die uittog, kom die verwyt weer na Moses toe Jy wil gedurig besig oor ons baas speel? Hulle eis dit op wat ons vandag ook ken ... Hulle dring aan op hulle menseregte. Hoekom sal net Moses gesag hê? Hoekom sal net Aäron die HERE met die wierookpan mag nader? Elkeen van ons mos het ‘n vuurpan in sy huis. So redeneer die opstandelinge. Al wat jy doen is jy gooi net wierook daarop ... en dan het jy ‘n wierook pan net soos Aäron s’n. Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem (Numeri 12:3), maar hier in Numeri 16 lees ons: Moses het baie kwaad geword ... Kwaad en bang ... Nie bang vir sy opstandige neef en sy meelopers nie, maar eerder bevrees vir Iemand Anders, bang vir die HERE. Hoe weet ons dit? Drie keer het ons gelees, Moses het op sy aangesig geval ... Bron: Numeri 16 Christus tussen lewe en dood Grendelpreek Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 08 30 7 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 346
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page