top of page

Christus tot die dood verneder

Preek Matthéüs 27 Heidelbergse Kategismus 16 - Woorde uit sy Woning

HK 3 Sondag 16 Tot die dood toe verneder Thaba 2016 02 14 Skrifgedeelte: Mat 27:45-61 Tema: Tot die dood toe verneder Psalms: 122:1, 95:2,4, 118:7,8, 33:2,3. Baie van u onthou miskien nog die film wat oor Jesus Christus se lyde en sterwe gemaak was: “The Passion of Christ”. Na die bloedige skouspel het die kykers geskok by die teaters uitgestap. Maar Geliefdes, daar is baie ander films wat skok. Trouens, elke tweede film wat vervaardig word, word gemaak om te skok. Hoekom sou die publiek juis daardie een onthou? Nee, die dood van Christus moet bedink word Ons moet weet waarom? Waarom was dit noodsaaklik dat Christus Hom tot in die dood toe verneder het? Die dood was nie oorspronklik in die skepping nie. Die dood het die skepping as ‘n vreemde mag binnegkom. Ons mag miskien gewoond wees aan die dood, maar die dood is onnatuurlik. Die dood is abnormaal. Die dood ruk los. Die dood bring skeiding. Ten diepste bring dit skeiding tussen liggaam en siel. Die dood maak alles stukkend. Dit beëindig die huweliksvreugde. Dit beëindig vriendskap. Die dood is die duidelikste teken dat daar 'n verskriklike breuk tussen God en mens ontstaan het. Daarom praat die Skrif van die dood as ‘n mag. Die dood self het ‘n angel. Dis ons vrees vir die dood wat van ons slawe maak, (só lees ons verder in die Hebreër-brief). Die dood is verskriklik, vreesaanjaend! Die mens het daar geen antwoord mee nie. Die Boeddhis se ons moet dit omhels. Die alkoholis sê ons moet daarvan vergeet. Die romantici probeer sê dis mooi. Die New Ager troos ons met reïnkarnasie. Die mediese fonds beloof ons uitstel ... Maar niemand, niemand het werklik raad daarmee nie. position: 715
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page