top of page

Christus se Wederkoms troos en roep op tot geloof

Preek Openbaring 1 Heidelbergse Kategismus 19 - Woorde uit sy Woning

Lees: Op. 1:1-8 Die vertroostende wederkoms. Eers moet Christus weer kom ... eers dan breek die laaste hoofstuk van die Christus se lewensverhaal aan. Eers dan breek die ewige Sabbatsrus aan. Die laaste hoofstuk begin met Christus se wederkoms en die laaste oordeel ... Eers dan kom die nuwe hemel en die nuwe aarde ... Met die laaste oordeel word alle onheil vanaf hierdie aarde verwyder ... tot op die laaste vesel ... die skape en die bokke word geskei, die koring en die kaf word geskei ... Daardie oomblik hou vir ons geen verskrikking in nie, sê ons kategismus, maar troos ... So ook die Nederlandse geloofsbelydenis. daar lees ons dat “die gedagte aan hierdie oordeel is vir die goddeloses ontsettend en skrikwekkend maar vir die vromes en uitverkorenes is begeerlik en troosryk. Want dan sal hulle volle verlossing voltooi word dan sal hulle daar die vrugte ontvang van die moeite en lyding wat hulle gedra het. Hulle onskuld sal deur almal erken word Hulle sal die verskriklike wraak sien die wraak wat God sal voltrek oor die goddeloses ... die goddeloses wat hulle in hierdie wêreld wreed vervolg, verdruk en gekwel het”. Christus staan voorop met die wederkoms Christus se uitverkiesing staan voorop wanneer die skape en die bokke geskei word ... Hy is in alle opsigte die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste ... Nou is daar nog genadetyd ... Wanneer Hy verskyn is daardie genadetyd verby ... Hy hou ons lot in sy hand ... ek het dit nie in my hand nie ... Dus roep die gedagte aan Christus se wederkoms my nie op om beter te leef nie. Dit roep my allereers op tot geloof ... nie ‘n onbepaalde geloof nie, maar ‘n spesifieke geloof ... ‘n geloof in die Persoon van Jesus Christus ... Christus kom nie om ons te oordeel oor hoe ons geleef het nie, maar Hy kom om ons te oordeel oor hoe ons geglo het ... Christus kom om die lewendes en die dooies te oordeel. position: 704
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page