top of page

Christus het werklik opgevaar! Die Hemelvaart Deel 1
Preek Handelinge 1 Heidelbergse Kategismus 18 - Woorde uit sy Woning
Jesus se liggaam het vrygeraak van die wet van swaartekrag. Sy voete het losgekom van die aarde. Daar styg Hy op … al hoër en hoër. Sprakeloos van verbasing het sy dissipels agterna gekyk. Sy liggaam is verplaas. Daar het ‘n ruil plaasgevind. Hy het ‘n slegte woonplek vir ‘n beter woonplek verruil. En Hy bly geheel en al mens. Die verhoogde Jesus is die Een wat ons belange behartig in die hoogste Raad ... die hoogste regering wat in die hemel en op die aarde bestaan. Hy is ons Heiland. Hy is ons Voorbidder. Nooit sal Hy ons laat staan nie! Nooit sal Hy ons vergeet nie! Die hemelvaart van Christus is ewe belangrik vir die aarde as wat dit vir die hemel is. Dit wys die kategismus ook vir ons. Jesus het nie die aarde maar aan sy lot oorgelaat nie … Hy gaan van die aarde na die hemel toe om weer eendag terug te keer.. Met Sy hemelvaart begin Hy om die verbintenis tussen hemel en aarde te herstel. position: 769
bottom of page