top of page

Bring my seuns en dogters van ver! God se onbegryplike verlossing.

Preek Jesaja 43 - Woorde uit sy Woning

Dalk ken u ook daardie maerte in die siel? Beroof en geplunder deur die magte van die duisternis. Gebind en gekerker deur die Satan se kettings: sy verslawings ... sy skewe verhoudings ... deur die egskeidings wat hy veroorsaak, sy skandelike hartstogte ... sy selfbeheptheid ... sy dryfjagte na die Babilon se inkopiesentrums ... sy afgodery ... sy afgodery ... dat hy ons bind op Sondae dat ons nie hierheen kom nie, maar ons eie sport en plesier navolg? Het jy 'n maerte in jou siel? Daar is genesing ... Ons ken almal een of ander wiegeliedjie al van ons kindtyd af ... sagte moederswoorde vol vertroosting. Slaap hartediefie, my liefling is jy Moeder jaag al die ou goggatjies heen daar waar jy slaap geen kommer of weë. Sagte moederswoorde om die onstuimige kindergemoed tot bedaring te bring. Woorde, wat ons weet ... wat ons weet, eintlik nie waar is nie ... en hoe groter en hoe ouer jy word ... Nou is daar diegene wat ons Skrifgedeelte al met ‘n wiegeliedjie vergelyk het. Wees nie bevrees nie, As jy deur die water gaan, is Ek by jou, en deur die riviere ...hulle sal jou nie oorstroom nie, as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Op die oor af so vertroostend ... so bemoedigend, maar kan dit werklik waar wees ? Rym dit met die werklikheid ? Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos, Ek het jou by jou naam geroep, jy is myne! Sien hierdie HERE die dinge soos dit is, kan ons vra? Weet Hy regtig wat aangaan, wat besig is om met sy volk te gebeur? In Jesaja 40 sê die volk dit in soveel woorde: My weg is vir die HERE verborge My reg gaan by my God verby ... Die HERE het nie ‘n idee in watter ellende ons is nie! Weet die HERE regtig wat met ons in hierdie land vandag aangaan. Dis so erg dat daar baie mense, selfs kerkmense is wat sê: dis beter om nie kinders onder sulke omstandighede in die lewe te bring nie. My weg is vir die HERE verborge My reg gaan by my God verby. Die HERE weet nie wat aangaan nie. Maar nou Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos, Ek het jou by jou naam geroep, jy is myne! Groot en heerlik die verkondiging van sy Naam van hierdie kansel soos vanaf alle ander kansels deur die grote wêreld Groot en heerlik is die bediening van sy Heilige Sakrament aan een verbondskindjie ... hier vandag ... Bron: God se onbegryplike verlossing Bring my seuns en dogters van ver Jesaja 43 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 594
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page