top of page

Bored? Verveeld? Verwondering: Ons roeping
Preek Markus 6 - Woorde uit sy Woning
Ons raak aan die goeie gewoond. Christus kan nie daaraan gewoond raak nie. Ons staan hier voor die diep kloof wat ons van Christus skei, wat Hom, ten spyte van sy menslikheid, die Gans Andere maak. Woordverkondiging uit Markus 6, ds Gustav Opperman,. Onder ons jongmense is daar klompie woorde wat verwondering beskryf ... Ongelukkig is meeste van hulle van Engels-Amerikaanse oorsprong: woorde soos “amazing, stunning, unreal” en “far-out”. woorde wat ons jongmense se soeke na opwinding beskryf ... woorde wat moet aandui dat daar iets besonders, uitsonderlik en buitegewoon is, dat iets asemrowend of aangrypend is. woorde wat uitdrukking aan ons verbasing moet gee. Om verwonderd te wil wees, is menslik. Dit is om iets van jou verlore kinderjare weer te wil vind, dae waarin elke dag ‘n nuwe ontdekking ingesluit het, dae toe die uitstappie na die dieretuin of selfs die supermark ‘n wonderlike avontuur was. So gou is daardie dae verby. So gou raak ons afgestomp. So gou raak alles alledaags. So gou raak alles “boring”. om nou vir die laaste keer nog vervelige Engelse woord te gebruik. Die wat dit kan bekostig soek dan weer nuwe verwondering. Soms deur reise en vakansies te onderneem. Soms deur Hollywood se betowering. Soms chemies aangehelp deur dwelmmiddels. Soms verkry deur ‘n buite-egtelike verhouding. Die ergste is ... ja die heel ergste is is dat ons as gelowiges nie meer verwonderd raak oor die evangelie nie, dat God en Christus niks besonders by ons opwek nie. Dis ook alledaags sou u sê: Dis nou maar eenmaal soos dit is. Bron: Markus 6 Verwondering: Ons roeping Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 10 06 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 350
bottom of page