top of page

Bly by die hoofsaak: Jesus as Gekrusigde!

Preek 1 Korinthiërs 2 - Woorde uit sy Woning

So maklik kom ons op ‘n syspoor. So moeilik om te sorg dat die hoofsaak die hoofsaak bly, veral as die een bestaanskrisis na die ander voor jou opdoem. Ernstige sake, dinge wat dringend aandag verg: jou gesondheid, jou finansiële toestand, jou gesins- en familie verhoudinge, land- en volks-probleme. En dan natuurlik is daar nog kerkprobleme ook. Wat is die hoofsaak? Dit is Jesus Christus as gekruisigde. Woordverkondiging 1 Korinthiërs 2, ds Gustav Opperman. In hoofstuk een het ons dit ook gelees: Ons verkondig Christus ... Christus wat gekruisig is, (skryf die apostel met nadruk). Hoekom is dit so belangrik dat die apostel byvoeg dat die Jesus wat hy verkondig, dat Hy gekruisig was? Dit is nodig, baie nodig, want daar is ook ander Jesusse wat verkondig word ... destyds, in die Korintiërs se tyd, maar ook vandag nog. Daar is mense, slim mense, die redetwisters van daardie eeu, en van hierdie eeu, wat nie glo in ‘n Jesus wat uit die dood opgestaan het nie. Hulle verkondig ‘n dooie Jesus. Hulle verstaan dus nie wat werklik aan die kruis gebeur het nie. Hulle verstaan nie dat God aan die kruis die mag van die dood verbreek het nie. Daar is mense, mense wat glo dat jy ‘n Christen kan wees en terselfdertyd kan leef soos jy wil. Hulle het nie ‘n probleem met die dronkaards en die hoereerders in hulle lewe nie. Hulle verkondig ‘n ander Jesus, ‘n Jesus wat nooit naby die kruis was nie, maar wie se bediening geëindig het, die dag toe hy gesê het: Moenie oordeel nie! (Mat 7:1). Bron: 1 Korinthiërs 2 Bly by die hoofsaak: Jesus as Gekrusigde! Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 11 15 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 275
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page