top of page

Bid vir die Woordverkondiging

Preek Efésiërs 6 - Woorde uit sy Woning

Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister, het hulle vir die Here Jesus gesê (Johannes 6:60). Hoe groot is die versoeking nie om maar 'n bietjie terug te hou nie. In vandag se tyd, soos in die verlede, kan die predikant sorg dat hy aan die politieke regte kant staan, landspolitiek, kerkpolitiek of gemeente politiek kan die predikant die evangelie so verkondig dat hy die polities korrekte ding sê, om nie aanstoot te gee nie. Om die evangelie aan te bied, om die genade en die liefde van God te verkondig, maar met al die skerp kante afgevyl, Dit kon die apostel Paulus nie. Nee, sê hy aan die ouderlinge van Efese in Handelinge 20: Ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie (20:27). Woordverkondiging: Efesiërs 6, Ds Gustav Opperman,. Dis nie 'n woord wat sag en soet na binne toe gly nie Nee, die mens sLukas swaar aan die Woord. Vir elkeen wat hierdie Woord al moes bring Vir elke ouer wat sy kind met hierdie Woord al moes vermaan Vir elke ouderling wat hierdie woord op huisbesoek moes bring Vir elke ouderling wat sy werk behoorlik doen, is elke deur drumpel soos die watermoot rondom 'n kasteel … om daardie drumpel te kruis met die regte woord … dis geen maklike taak nie … Kyk mooi na hierdie trappies langs hierdie preekstoel, broers en susters Kyk mooi na hulle … elkeen van daardie trappies is 'n berg … 'n berg om uit te klim … En dis 'n swak, feilbare mens wat hulle uit moet klim … Die prediker wat dat dit nie erken nie … Daardie prediker weet nie waarmee hy besig is nie … bid sodat 'n woord my gegee mag word om met vrymoedigheid die evangelie bekend te maak … Bron: Efesiërs 6:10-20 Bid vir die Woordverkondiging! ReformasieSondag Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 08 22 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 99 "prevPageToken": "EAEaBlBUOkNHUQ
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page