top of page

Bid vir brood!

Preek Deuteronomium 8 Heidelbergse Kategismus 50 - Woorde uit sy Woning

Lees: De 8,1 Konings 16:29 – 17:16, HK Sondag 50 Tema: Bid vir brood. Heidelbergse Kategismus Vraag 125: Wat is die vierde bede? Antwoord: Gee ons vandag ons daaglikse brood. Dit is: Versorg ons met alles wat vir die liggaam nodig is, sodat ons daardeur erken dat U die enigste Bron is van alles wat goed is en dat al ons sorge en arbeid en ook u gawes sonder u seën ons nie kan baat nie. Gee daarom dat ons ons vertroue van alle skepsele aftrek, en op U alleen stel. Geliefdes, Agab het opgehou om te erken dat die HERE die enigste bron is ... die enigste bron van alles wat goed is. Daarom het hy hom gewend tot Baäl, die songod van die Sidoniërs, en Astarte die Moeder Aarde godin ... Hulle sou voortaan vir Israel sorg. Hulle sou voortaan die dou en reën gee, die vrugbaarheid wat die volk so nodig gehad het. Agab het vir songod ‘n altaar opgerig en voor hom neergebuig. Gee ons, o Baäl ons daaglikse brood! Dit was Agab se manier om namens sy volk die broodkwessie te hanteer. Die broodkwessie, wat reeds sedert die sondeval vir die mens ‘n probleem is. Adam immers het namens ons almal al gehoor dat hy sy brood slegs deur die sweet van sy aangesig sou eet. Dis eintlik nie nodig nie, so het koningin Esebel weer vir Agab geleer: Bou net ‘n altaar vir die songod en hy sal sorg. Daar is alternatiewe op die HERE se versorging. Die ryk dwaas in die Evangelie volgens Lukas het weer net groter skuur gebou en daarmee kon hy baie goed daaraan toe wees vir die res van sy lewe. So het hy geredeneer. ‘n Paar goeie beleggings behoort vandag ook die ding te doen. So sal ander in ons tyd weer sê. Wetenskaplike innovasie en nuwe tegnologie kan selfs sorg dat lande onbeperkte voedselsekerheid het. Of, kry net die regte regering en hulle sal sorg. Ander is weer glad nie oor hul versorging gepla nie. Ja, U mag miskien vra of dit steeds nodig is om vir brood te bid as jy ‘n spens vol blikkies en bottels het, as jy ‘n vrieskas vol vleis het ...? As die tafel kreun van al die kos, waarvoor nog bid? ‘n Mens kan verstaan dat bedelaars die vierde bede moet bid of hierdie weduwee in ons Skrifgedeelte, wat omtrent niks gehad het nie, maar as jy goed versorg is, is dit nie dalk ‘n bietjie vals om jou soos ‘n armlastige te gedra nie? Die Kategismus help ons reg. Ons bid nie die vierde bede om dit te ontvang wat ons reeds het nie, maar weereens ... om daardeur te erken dat God die enigste Bron is ... die enigste Bron is van alles wat goed is. Daarom het die goed versorgdes hierdie gebed net so nodig .. selfs nodiger as Sarfat se arm weduwee.... Ons brood versorging is ondergeskik aan die vervulling van God se raadsplan. Is dit nie ook presies wat die HERE Jesus ons geleer het nie? Soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid ... en .... en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word (Mat 6:33). Al hierdie dinge ... dit wat ons moet eet en drink om te kan lewe en om die krag vir ons dagtake te kan hê, ook gesondheid, medisyne en ander mediese hulp, ’n blyplek, beskerming teen hitte en koue en storms, geld waarmee jy dié dinge kan aankoop om jou roeping te vervul, ’n ordelike samelewing, sodat jy nie besteel en beroof en aangerand en vermoor sal word nie, maar sonder verhindering kan doen wat God van jou verwag.... position: 675
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page