
Bid dat God sy Naam sal heilig!
Preek Psalms 29 Heidelbergse Kategismus 47 - Woorde uit sy Woning
Die stem van die Here is in die storm. Die donderweer onderstreep sy allerverskriklike heiligheid. Daar is geen ander God soos Hy nie! Maarten Luther het daardie nag die stem van die Here gehoor. Die Hemelse Vader het met hom deur die weerlig gepraat. Baäl, die god wat uitgebeeld word met 'n weerligstraal in sy hand, is kragteloos terwyl die Here praat. Die Moeder Aarde gode is stil terwyl die vure wat die Here se weerlig aansteek, die bosse kaal maak. Volg die HK Troosreeks, Bely uit die Psalms, op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Hierdie is die 57ste video in die Heidelbergse Kategismus Troosreeks: Bely uit die Psalms. Om die volledige reeks in die regte volgorde te kyk, besoek asb ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning, se hoofblad. U sal daar onder die afdeling: Kategismus en Belydenis in Aktuele Styl die duimdruk vind vir die Troosreeks: Bely uit die Psalms. In die professie van Jesaja, die sesde hoofstuk kry ons deur die profeet ‘n blik in die hemelse troonsaal, kry ons ‘n beskrywing van die allesomvattende, verskriklike heiligheid van God. Jesaja sien die HERE op ‘n hoë en ‘n verhewe troon. Rondom Hom is daar Serafs, (dis die hemelinge van Psalm 29 waarvan ons gelees het.) Hierdie hoogs intelligente, ongelooflik bekwame engele is so onder die indruk van God se heiligheid dat hulle niks anders kan doen as om sonder ophou uit te roep: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol! En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword. (Jesaja 6:3,4) U sien, geliefdes, die mensies hier op aarde het geen idee van God se ontsaglike heiligheid nie, het geen idee, wat die woord awesome werklik beteken nie ... en om eerlik te wees, wanneer ons so ‘n voorsmakie daarvan kry, soos dit met die profeet Jesaja gebeur het, soos gebeur het daar op die berg Sinai, toe HERE sy wet vir die volk gegee het, dan kan ons dit nie vat nie. Dis te erg vir sy volk ... Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 47 Vraag 122 Psalm 29 HK Troosreeks: Bely uit die Psalms#57 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 05 27 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Intro: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Outro: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 337