top of page

Bewaar ons!

Preek Psalms 17 Heidelbergse Kategismus 52 - Woorde uit sy Woning

Ons moet bid, want ons het God se Heilige Gees so nodig en ... so het ons in Sondag 45 geleer: God sal sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle gee wat Hom met hartlike versugtinge sonder ophou daarom bid. Bid, soos die apostel Paulus ons in Efesiërs 6 leer dat hulle in hierdie geweldige geestelike stryd nie net die wapenrusting van die God moet aantrek nie, dat hulle nie net die swaard van die Gees, moet opneem nie, maar dat hulle moet bid ... by, elke geleentheid moet bid ... in die Heilige Gees moet bid en juis daartoe waak ... met alle volharding en smeking vir al die heiliges, volhardend pleit vir al die heiliges. Dis mos ook wat Dawid in Psalm 17 doen. Alhoewel hy in sy persoonlike nood die HERE telkens aanroep, pleit Dawid ook vir diegene wie se gange saam met hom omsingel is, diegene wat sy doodsvyande saam met hom ten gronde wil rig. Die Onse Vader gebed bly ons daaraan herinner ... hierdie is nie net my stryd nie, maar ons stryd. Dawid pleit volhardend in Psalm 17, amper aanmatigend: HERE hoor, HERE luister tog Laat u oë sien. Neig u oor tot my. Luister na my. Dawid bid volhardend, maar hy bid ook met vrymoedigheid, groot vrymoedigheid ... Bron: Psalm 17, Heidelbergse Kategismus Sondag 52.1 Vraag 127 Bewaar ons! HK Troosreeks: Bely uit die Psalms#62 Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas. 2020 10 18 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 306

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page