top of page

Bely Christus of nie? Wat is die onderskeid?
Bybelstudie 51 Lukas 12 - Woorde uit sy Woning
Bely jy Christus, of bely jy nie Christus nie? Dis eintlik al wat die onderskeid gaan wees of jy in die hel gewerp gaan word, of nie! Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 51ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. Bron: Christus vir Vandag Lukas Bybelstudiereeks #51 Lukas 12:1-12 Bely Christus of nie? Wat is die onderskeid? Markus 14, 2018 Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 561
bottom of page