top of page

Bekeer jou betyds: Skrikwekkende waarskuwings
Bybelstudie 56 Lukas 13 - Woorde uit sy Woning
Wanneer 'n jong vrou skielik deur 'n motorongeLukas uit hierdie lewe geruk word, of wanneer 'n kind aan beenmurgkanker sterf, hoeveel het nie al gesê : Hy of sy het dit nie verdien nie! Met ander woorde: Daar is ander wat dit verdien, maar hy of sy het dit nie verdien nie. Lukas is 'n geskiedskrywer. Dit is hoe hy homself bekend stel aan die begin van sy weergawe van die Evangelie. Hy het die oorgelewerde verhale oor Jesus nagegaan en hy het ook self ander bronne ontgin. Sodoende wou hy sekerheid aan Theofilus gee ... Sekerheid aangaande die historiese waarheid van die gebeure rondom die lewe en sterwe van Jesus van Nasaret. Wanneer ds Gustav Opperman in hierdie Bybelstudiereeks op die voetspore volg van die historikus, Lukas, het hy dieselfde doel as die evangelis. Hy wil u sekerheid gee aangaande die betekenis van Jesus, die Christus, vir ons vandag. Hierdie is die 56ste in die Bybelstudiereeks oor die boek Lukas. Bron: Lukas 13:1-5 Moord op die Galileers. Toring van Siloam. Waarskuwings om ons betyds te bekeer Ds Gustav Opperman Bybelstudie Lukasreeks#56 Christus vir Vandag (2019 08 09) Musiek gebruik in hierdie video: Openingsmusiek: traporreltjie Orrelis: Mariaan Senekal Slotmusiek: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 536
bottom of page