top of page

Begeer u die ewige lewe? Hemelse perspektief op ons probleme

Preek Psalms 27 Heidelbergse Kategismus 22 - Woorde uit sy Woning

Hierdie Godsman het nie vlak begeer nie. Sy begeerte was nie om uit sy nood verlos te word nie. Sy begeerte was nie vir 'n beter lewe hier op aarde nie. Allermins het hy 'n behoefte gehad om nog 'n bestemming op 'n emmerlys af te tik. Sy gebed gaan nie oor sy welstand in die hiernoumaals nie. Dawid het sy visier op die hiernamaals. U het al seker die versugting van mense gehoor? Mense wat dikwels toer ... Hulle het ‘n “bucket list of soos dit in Afrikaans vertaal word, ‘n “emmer lys”. Dis ‘n wenslys van plekke wat hulle wil besoek voor hulle eendag die emmer skop. Daarom word dit ‘n emmer lys genoem. Sê nou maar ... die gereelde vulkaniese uitbarstings in Ysland, of die pikkewyne in Antartika, of die Himalajas van Tibet, of wat ookal. Een van daardie “moet hê” ervarings voor jou doppie die dag geklink word. Iets wat jy moet sien, terwyl jy nog in die land van die lewendes is. Voor dit te laat is ... vir ewig te laat is. Nou sal dit u ook nie verbaas dat sulke praatjies ook van kerkmense kom nie ... kerkmense wat dalk Sondag na Sondag die ewige lewe bely, sonder om na te dink oor wat dit presies is wat hulle daardeur bely nie. Dawid was geheel-en-al op een ding gefokus. Ons kan selfs sê die Koning het ‘n obsessie daarmee gehad. Net een hartsbestemming. Net een hartewens. Dawid was die voorganger van die apostel Paulus wat in sy brief aan die Filippense skryf: Maar een ding ... een ding, ek vergeet die dinge wat agter my is ek strek my uit na wat voor is ek jaag na die doel om die prys te verkry (Filippense 3:14). Wat presies behels hierdie volkome saligheid? Wat presies is hierdie een ding, wat Dawid so begeer? Wat is die apostel Paulus se enkele doel. Volgens Dawid behels dit inwoning in die huis van die HERE. Ewige verblyf in God se huis. Daar sal hy hom verlustig, vir ewig verlustig in die HERE se aangesig ... om die lieflikheid van die HERE te aanskou. Bron: Psalm 27 Heidelbergse Kategismus Sondag 22 Vraag 58 Begeer u die ewige lewe? Bely uit die Psalms Troosreeks#33 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2017 11 19 Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 506

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page