top of page

Bêre die swaard! Vermy die sataniese strik van geweld

Preek Spreuke 3 - Woorde uit sy Woning

Kind van God, moenie soos die geweldenaars word nie! Hulle weg is ‘n weg van hartseer. Moenie in die strik van die duiwel trap en begin haat soos die haters haat nie, al lyk jou saak hoe geregverdig. Voor jy jou kan kry, het die Satan jou in sy kamp, het die Satan jou vasgevang in ‘n spiraal van geweld. Woordverkondiging Mat 26, Spreuke 3 en 4, ds Gustav Opperman,. Meer as 450 video's beskikbaar op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. In sy tweede brief aan die Korintiërs skryf die Paulus oor die Satan. Hy sê vir die lidmate in die gemeente daar: Ons is nie onbekend met die Satan se planne nie. Ons ken sy planne maar al te goed. Watter Sataniese planne het die apostel hier in gedagte? Is dit die duistere werke van die Illuminati? Is dit die samesweringe van die Vrymesselaars of enige van die ander geheime organisasies, wat wêreldoorheersing probeer bewerkstellig? Is dit ‘n plan om ‘n mikroskyfie in elke mens in te plant om sodoende die bewegings van elke mens op ‘n rekenaar dop te hou? Is dit ‘n plan om deur ‘n gedwonge anti-Covid inenting elke mens in ‘n Zombie te verander? Nee, hierdie planne is baie eenvoudiger as dit en jy het nie ‘n kennis van die okkulte nodig om dit te verstaan nie. Op bykans elke bladsy van die Bybel sien ons sy planne, sy planne en die strikke wat hy vir God se kinders stel ... van Génesis tot Openbaring. Satan ... sy naam beteken aanklaer ... Satan probeer om God se kinders te verlei. Hy verlei hulle om net soos hy te word ... ongehoorsaam, opstandig, hoogmoedig, hatig, gewelddadig ... sodat hy hulle voor God kan aankla ... Bron: : Spreuke 3:11-35, 4:10-27, Mat 26:47-56. Sit die swaard terug! Vermy die sataniese strik van geweld Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2020 10 18 Indien u ons YouTube-kanaal finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 314
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page