top of page

As die liefde verroes het

Ef 6:24 Ds Gustav Opperman GK Outjo @WoordeuitsyWoning ​

Dis nie altyd die wêreld se winde van valse lering wat maak dat soveel gereformeerde kerke vandag aan flarde is nie, stedelike en plattelandse kerke aan flarde is nie. Baie van die gemeentes het wel ondergegaan, omdat  hulle nie manlik genoeg was nie, maar net so baie staan kandelaarloos, so baie staan sonder Woordverkondiging, omdat hulle nie vir iets anders was nie , nie hartstogtelik vir iets anders was nie. Soos die Efesiërs het hulle hul eerste liefde verlaat. Woordverkondiging: Ef 6, ds Gustav Opperman GK Outjo  @WoordeuitsyWoning  


Die HERE het nie sy volk verlaat nie. Dis andersom. Die volk het nie meer die HERE se liefde geag nie ... dis nie meer so soos dit vroeër was nie.  Maar hulle het hulle eerste liefde verlaat ...  Eerste soos in voor enigiets anders ... Eerste soos in belangriker as enigiets anders ... Belangriker as hulle familiebyeenkomste wat maak  dat hulle nie by die eredienste uitkom nie. Belangriker as hulle kinders en kleinkinders se sportbedrywighede wat maak  dat hulle nie tyd het  om die Bybel te leer ken nie. Belangriker as hulle skermtyd wat maak dat hulle nie by Bybelstudie kan uitkom nie. Belangriker as hulle predikante se goeie traktemente wat maak  dat soveel gemeentes nie meer ‘n predikant kan bekostig nie  Daardie gemeentes daardie gemeentelede  was gewortel en gegrondves in daardie liefde, maar hulle het hulself ontwortel. Hulle het hulle eerste liefde verlaat.  


En dit geliefdes, dit is die tragedie van die gereformeerde kerke in Suide van Afrika dit is die groot hartseer van soveel van ons gemeentes dit is die verwyt wat soveel van ons gelowiges toekom ...  


Bron: Lees: Ef 3:14-21; 6:21-24; Op 2:1-7  

Teks: Ef 6:24 Die genade sy met almal  wat onse Here Jesus Christus in onverganklikheid liefhet! Tema: As die liefde verroes het ... 

Psalms: 33:1,2; 33;6,7; 40:4,5; 45:1,6,9   


Intro Musiek gebruik in hierdie video:  Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:  

Met dank en erkenning:  Ps 144 Glorieryke Psalms  

www.ico.org.za info@ico.org.za  Tel: 0824914965/ 012 332 0336  

Orrelis: Harry Jonkers 


Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.  

With thanks and appreciation:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page