top of page

Alles deur God se Woord!
Preek Génesis 1 - Woorde uit sy Woning
Die eerste woorde in die Bybel dwing ons tot 'n keuse: “In die begin het God die hemel en die aarde geskape.” Deur hierdie eenvoudige eerste sinnetjie moet ek reeds kies. En soos hierdie eerste sin my voor 'n keuse stel, so sal elke verdere sin in die Bybel my voor 'n keuse plaas: Kies ek vir of téén die Koning se Woord. Kies ek vir die evolusieleer, dan sal hierdie woorde vir my 'n probleem wees. Hierdie woorde sal ook vir my 'n probleem wees as ek nie in 'n God glo nie. Ds Gustav Opperman keer terug na die bron van alles. Woordverkondiging: Génesis 1,. Die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie, Dis vir hom dwaasheid, Hy kan dit nie verstaan nie, So skryf Paulus aan die Korintiërs (2:14). Hierdie skeppingswoorde sal vir my 'n probleem wees as ek glo dat die mens uit die oersop … uit die newels van die oertyd voortkom … of as ek glo dat dit alles met 'n “big bang” begin het … dan sal hierdie skeppingswoorde vir my moeilik wees … ook as ek glo dat God in alles en alles in God is … soos so baie vandag glo: God is 'n “divine energy”, 'n goddelike energie of 'n kosmiese krag … Nee, hierdie is 'n persoonlike God … 'n God wat sê, 'n God wat sien, 'n God wat werk, 'n God wat rus … 'n persoonlike God wat daar was nog voor daar iets was … En dit beteken, broeders en susters, ons kan nie by die mens begin nie … Ons kan nie by die mens begin en dink dat ons so by God sal uitkom nie … In al ons denke moet ons bo by die Koning begin om so hier onder by die mens uit te kom. En God het gesê … Deur sy woord het Hy alles te voorskyn geroep: elke komeet en planeet, elke chromosoom en atoom … Onmeetbaar, ontelbaar …onweegbaar alles in een week. God het gesê … en dit was so God het gesê … en dit was so Toe sien God dat dit goed was En God het gesê …en dit was so Toe sien God alles wat Hy gemaak het, En - dit was baie goed … En dit was aand en dit was môre, die sesde dag … Hierdie woord het nie wetenskaplikes nodig om dit reg te bewys nie … Hierdie God kan in ses dae maak. Hierdie God kan in ses dae maak … en dit só maak dat dit lyk asof dit miljoene jare geneem het. Aan die wat twyfel is daar net een vraag te vra, net een vraag … Dis die vraag wat God aan Job gevra het … Waar was jy toe ek Ek die aarde se fondamente gelê het? Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit? (Job 38:4,5 83'vert) Was jy daar ? Die woord van die sprekende God is genoeg … God praat en dis genoeg … In die begin was die Woord En die Woord was by God En die Woord was God Alle dinge het deur Hom ontstaan (Johannes 1) Bron: Génesis 1 Alles deur God se Woord Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2021 04 11 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 179
bottom of page