top of page

Alles behoort aan God!

Preek Psalms 50 - Heidelbergse Kategismus 42 Woorde uit sy Woning

Alles behoort aan God! Lees: Psalm 50 Tema: Alles behoort aan God! Heidelbergse Kategismus Sondag 42 Vraag 110: Wat verbied God in die agste gebod? Antwoord: God verbied nie slegs die diefstal en roof wat die owerheid straf nie, maar Hy beskou ook as diefstal al die skelmstreke en liste waardeur ons probeer om ons naaste se besittings in die hande te kry. Dit kan gebeur met geweld of 'n skyn van reg, soos deur die vervalsing van gewigte, lengtemaat, inhoudsmaat, goedere, geld, deur woeker of enige middel wat God verbied. Hy verbied ook alle gierigheid en alle misbruik en verkwisting van sy gawes. Vraag 111: Maar wat gebied God jou in hierdie gebod? Antwoord: Ek moet die belange van my naaste, waar ek kan en mag, bevorder en hom so behandel soos ek wil hê dat hy my moet behandel. Daarby moet ek ook my werk getrou doen, sodat ek die behoeftiges in hulle nood kan help. Broeders en Susters “Diefstal, kapings, roof, inbrake, grypdiewe” is bekende woorde vir ons vandag. Mense sê hulle is al siek daarvoor. Jy kan nie eens 'n dosie sneesdoekies in jou motor sigbaar laat nie. As jy maar weer sien, is jou venster stukkend. Party gryp sommer jou bril van jou gesig af. En dit gaan al jare so aan. Dit het deel geword van 'n Suid-Afrikaanse leefwyse. Dit getuig van 'n leefwyse wat sê: Iets vir Niks! Daar skuil 'n dief in elkeen van ons se harte. Die ganse aarde, land en meer met al wat leef is uwe, Heer (Psalm 24:1 (berymd). position: 728

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page