top of page

Afrikaner waar staan jy? Geloftediens

Preek Josua 3 - Woorde uit sy Woning

Waar staan ons volk vandag? Staan ons voor die een heilige God van hemel en aarde, staan ons voor die HERE van die hele aarde of doen elkeen wat reg is in sy eie oë? Elkeen in sy eie laertjie. Elkeen met sy eie leiertjie. Elkeen met sy eie plaaswag. Elkeen met sy eie You Tube kanaal. En elkeen wat agter op ‘n bakkie kan spring, is nou ‘n leier. En ons het soveel generaals en profete, soveel Mosesse, soveel Josua’s gereed om te lei as wat daar boerebakkies is! Geloftediens: Josua 3:1-4:8, ds Gustav Opperman,. Gerrit Maritz het geweet wat sy volk se probleem was. Hulle was nie meer ‘n reisende gereformeerde gemeente in die woestyn op pad na die Beloofde land nie ... Nee, hulle het verdwaal in die woestyn uitmekaar gespat ... Hulle het elkeen sy eie hart en kop gevolg. Die Boere Afrikaner saamgebind tot een volk, een volk wat voor die enigste God buig een Verlosser, een geloof, een belydenis, een gelofte, een klipstapel. Nou, geagte genote van die Gelofte, waar staan ons volk vandag? En ons mense murmureer en hulle wantrou en hulle is agterdogtig ... Maar nog erger, ook wat hulle Godsdiens betref, sit elkeen onder sy eie boom en onder sy eie struik. Bron: Josua 3:1-4:8 Afrikaner, waar staan jy? Geloftediens 2020 Ds Gustav Opperman, Woorde uit sy Woning 2020 12 16 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 77: Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 45
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page