top of page

Abba Vader!

Preek Romeine 8 - Woorde uit sy Woning

Die duiwel sal ons graag van sekerheid wil ontneem: die versekering dat ons kinders van God is. Ons eie twyfelmoedigheid lei ons daartoe om self te wonder: Is ek ‘n kind van God? As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In hierdie reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Bron: Romeine 8:15 Abba Vader! Romeinereek: Reg voor God#36 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 09 01 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Music used in this series: Please note: This Intro and Outro Music used in all the video's in the Roman series: Justified/Reg voor God: Music Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Organist – Mariaan Senekal, Reformed Church Matlabas, Limpopo province South Africa This is not music owned or licensed by AdRev Publishing, but a private recording! This is therefore NOT: • ACL093_25_Serabande_And_Variations_Full-14699 - Lou Mannarino • Music composition position: 361
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page