top of page

Aangetrokke tot die Here
Ps 42 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
Die oomblik as jy jou geloof in hierdie wêreld begin bely, dan begin jy hierdie stemme hoor. Die ateïs vra: Waar is jou God? Die evolusionis vra: Waar is jou God? Die heiden met al sy sigbare afgode rondom hom, sy ikone, sy sportgode, sy seksgode, sy politieke messiase, wil weet: Waar is jou God? Ons sien dan niks! En as jou God daar is,hoekom het jy dit so moeilik? As jou God ‘n werklikheid is, hoekom gaan dit so swaar met jou?
Bron: Psalm 42
Teks 42:6 Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my?
Tema: Onrustige siel
Psalms:84:1,3; 42:1,2; 42:3,4; 42:5,7.
bottom of page