top of page

89) Net een God! (Volledige Erediens)

Ps 2 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning ​

Bron: Psalm 1 & 2 Opnamedatum: 2025 07 06 Agteergrond tot die preek: In 1994 het Suid-Afrika amptelik ‘n nuwe grondwet aangeneem. Die was nadat daar twee jaar lank ‘n nasionale dialoog was. Die belangrikste partye het destyds bymekaargekom en die sogenaamde KODESA onderhandelinge het plaasgevind. Die verskillende godsdienstige leiers in die land het ook saam kom bid. Hulle het saam gebid dat hulle onderskeie gode hierdie verrigtinge sou seën, dat Allah, dat die Joodse God, dat Krisna, dat die Voorvader geeste en dan natuurlik Jesus Christus, dat die almal hulle samesprekings vrugbaar sou maak.  Vandag is die land besig om die vrugte van daardie onderhandelinge te pluk ... Soveel so dat daar nou weer ‘n nasionale dialoog beplan word, om saam te KODESA in die hoop dat die gode ons die keer wel genadig sal wees. Maar sê nou, ons dien ‘n HERE, ‘n jaloerse God, ‘n HERE wat vir sy volk gesê het: Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE. As dit my HERE is, dan moet ek soos Dawid die mense waarsku, die owerhede, bewindhebbers en meningsvormers waarsku: Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde: Julle is besig om op die rand van die vulkaan te speel.

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page