top of page

68) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 52 Vr 127 tot 129 Sesde Bede: Drie Doodsvyande Ds Faan Smit

Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 52 

Vraag 127:  Wat is die sesde bede? 

Antwoord:  En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.  Dit is:  Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik staande kan bly nie (a).  Daarby hou ons doodsvyande, die duiwel (b), die wêreld (c) en ons eie sondige natuur (d), nie op om ons aan te val nie.  Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees staande hou en versterk, sodat ons teen hulle sterk teenstand kan bied en in hierdie geestelik stryd nie beswyk (e) nie, totdat ons eindelik die oorwinning volkome behaal (f). (a) Joh 15:5;  Ps 103:14.  (b) 1 Pet 5:8;  Ef 6:12.  (c) Joh 15:19.  (d) Rom 7:23;  Gal 5:17.  (e) Matt 26:41;  Mark 13:33.  (f) 1 Tess 3:13;  5:23. 

Vraag 128:  Hoe sluit jy jou gebed af? 

Antwoord:  Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.  Dit is:  Ons bid dit alles van U omdat U as ons Koning, wat mag oor alles het, ons alle goeie dinge wil en kan gee (a) sodat daardeur nie ons nie, maar u heilige Naam ewig geprys sal word (b). (a) Rom 10:12;  2 Pet 2:9.  (b) Joh 14:13;  Jer 33:8, 9;  Ps 115:1. 

Vraag 129:  Wat beteken die woord Amen? 

Antwoord:  Amen wil sê:  Dit is waar en seker.  Want my gebed is baie sekerder deur God verhoor as wat ek in my hart voel dat ek dit van Hom begeer (a). (a) 2 Kor 1:20;  2 Tim 2:13. Opnamedatum: 2023 02 16  

Musiek gebruik in hierdie video:  Psalmverwerking: Henning Dafel  

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page