
62) Onse Kategismus vir Kinders
Sondag 46 As jy bid, sê: Onse Vader! Ds F Smit @WoordeuitsyWoning
Heidelbergse Kategismus Sondag 46
Vraag 120: Waarom het Christus ons beveel om God as ons Vader aan te spreek?
Antwoord: Sodat Hy heel aan die begin van ons gebed in ons die kinderlike vrees en vertroue op God sal wek. Dit moet die grond van ons gebed wees, naamlik dat God deur Christus ons Vader geword het, en dat Hy ons veel minder dit wat ons van Hom in die geloof bid, sal weier as wat ons vaders aardse dinge ons ontsê (a). (a) Matt 7:9-11; Luk 11:11-13.
Vraag 121: Waarom word hier bygevoeg: wat in die hemel is?
Antwoord: Sodat ons van die hemelse majesteit van God nie aards moet dink nie (a) en van sy almag alles verwag wat ons vir liggaam en siel nodig het (b). (a) Jer 23:23, 24; Hand 17:24, 25, 27. (b) Rom 10:12.
Opnamedatum: 2023 02 07
Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag
Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/