top of page

57) Onse Kategismus vir Kinders

Son 43 Negende gebod Vr 112 Mag nie jok! Praat die waarheid! F Smit

Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! https://bit.ly/3HTholb  Laai die gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af om al die vorige video’s in hierdie reeks gerieflik op een plek te kry.  Baie dankie aan Solidariteti Helpende Hand wat die Onse Kategismus Toepassing/App borg en ontwikkel het.


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 43 

Vraag 112:  Wat eis die negende gebod? 

Antwoord:  Ek mag teen niemand valse getuienis aflê (a), niemand se woorde verdraai (b), nie 'n kwaadsteker of lasteraar wees nie (c), niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie (d).  Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel (e) se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring (f) nie.  In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê en bely (g).  My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder (h). (a) Spr 19:5, 9;  21:28.  (b) Ps 15:3;  50:19, 20.  (c) Rom 1:30.  (d) Matt 7:1;  Luk 6:37.  (e) Joh 8:44.  (f)  Spr 12:22;  13:5.  (g) 1 Kor 13:6;  Ef 4:25.  (h) 1 Pet 4:8. 

Opnamedatum: 2023 02 02  

Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag  

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page