top of page

51) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 37 Vr 101,102 Eed aflê Ds Faan Smit @WoordeuitsyWoning

Onse Kategismus - Hersiening en Voorbereiding vir Belydenisaflegging. Onontbeerlike verrykende aanvulling tot geloofskennis vir oud en jonk! Gewild by kleuters tot bejaardes. Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! https://bit.ly/3HTholb  Al die vorige video’s in hierdie reeks gerieflik op een plek! Baie dankie aan Solidariteti Helpende Hand wat die Onse Kategismus Toepassing/App borg en ontwikkel het.


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 37 Vraag 101,102 

Vraag 101:  Mag 'n mens ook godvresend by die Naam van God 'n eed sweer? 

Antwoord:  Ja, as die owerheid dit van sy onderdane eis of as die nood dit vereis om daardeur trou en waarheid te bevestig.  Dit moet dan tot eer van God en tot heil van ons naaste gedoen word.  Sodanige eedswering is op die Woord van God gegrond (a), en die gelowiges in die Ou en Nuwe Verbond het dit reg gebruik (b). (a) Deut 6:13;  10:20;  Jes 48:1;  Heb 6:16.  (b) Gen 21:24;  31:53;  Jos 9:15;  1 Sam 24:23;  2 Sam 3:35;  1 Kon 1:29;  Rom 1:9;  9:1;  2 Kor 1:23. 

Vraag 102:  Mag 'n mens ook by die heiliges of by ander skepsels sweer? 

Antwoord:  Nee, want om 'n regte eed te sweer, beteken dat ek God aanroep as die enigste kenner van die hart om vir die waarheid getuienis te gee en my te straf as ek vals sweer (a).  Hierdie eer kom geen skepsel toe nie (b). (a) 2 Kor l:23;  Rom 9:1.  (b) Matt 5:34-36;  Jak 5:12. 

Opnamedatums: 2023 01 24  

Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag  

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page