
49) Onse Kategismus vir Kinders
Sondag 35 Tweede Gebod:Geen Beeldediens! Ds F Smit @WoordeuitsyWoning
Onontbeerlike verrykende aanvulling tot geloofskennis vir oud en jonk. Volg Sondae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186. Teken in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir alle video’s in hierdie reeks. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! https://bit.ly/3HTholb Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Groot en klein sal baat vind hierby. Baie dankie aan Solidariteti Helpende Hand wat die Onse Kategismus Toepassing/App borg en ontwikkel het.
Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 35 Vraag 96-98 Tweede Gebod: Geen Beeldediens!
Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod?
Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie (a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie (b). (a) Jes 40:18, 19, 25; Deut 4:15, 16; Rom 1:23; Hand 17:29. (b) 1 Sam 15:23; Deut 12:30; Matt 15:9.
Vraag 97: Mag ons dan glad nie beelde maak nie?
Antwoord: God kan en mag op geen enkele manier afgebeeld word nie (a). Die skepsels mag wel afgebeeld word, maar God verbied dat ons van hulle afbeeldings maak en besit om dit te vereer en Hom daardeur te dien (b). (a) Jes 40:25. (b) Eks 34:17; 23:24; 34:13; Num 33:52.
Vraag 98: Mag ons beelde as "boeke van die leke" in die kerkgebou toelaat?
Antwoord: Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene nie deur stom beelde nie (a), maar deur die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig (b). (a) Jer 10:8; Heb 2:18. (b) Rom 10:14, 15, 17; 2 Pet 1:19; 2 Tim 3:16, 17.
Opnamedatum: 2023 01 19
Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag
Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/