top of page

48) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 34 Eerste Gebod: Net EEN God Ds F Smit @WoordeuitsyWoning

Volg Sondae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186. Teken in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir alle video’s in hierdie reeks. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.  


Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App is NET beskikbaar deur op die volgende skakel te kliek! https://bit.ly/3HTholb  Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Groot en klein sal baat vind hierby. Baie dankie aan Solidariteti Helpende Hand wat die Onse Kategismus Toepassing/App borg en ontwikkel het.   


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 34 Vraag 94,95 

Vraag 94:  Wat gebied God in die eerste gebod? 

Antwoord:  Ek moet ter wille van my siele heil en saligheid alle afgodery (a), towery, waarsêery, bygeloof (b), aanroeping van heiliges of ander skepsels (c) vermy en daarvan wegvlug.  Ek moet die enige ware God reg leer ken (d), Hom alleen vertrou (e), my slegs aan Hom met alle nederigheid (f) en geduld onderwerp (g) en van Hom alleen alle goeie dinge (h) verwag.  Ek moet Hom met my hele hart liefhê (i), vrees (j) en eer (k).  Sodoende sien ek eerder van alle skepsels af as om in die minste teen sy wil te handel (1). (a) 1 Joh 5:21;  1 Kor 6:10;  10:7, 14.  (b) Lev 19:31 Deut 18:9, 10, (c) Matt 4:10;  Op 19:10;  22:8, 9.  (d) Joh 17:3.  (e) Jer 17:5, 7.  (f) 1 Pet 5:5.  (g) Heb 10:36;  Kol l:11;  Rom 5:3, 4;  I Kor 10:10;  Fil 2:14.  (h) Ps 104:27;  Jes 45:7;  Jak 1:17.  (i) Deut 6:5;  Matt 22:37.  (j) Deut 6:2;  Ps 111:10;  Spr 1:7;  9:10;  Matt 10:28.  (k) Matt 4:10;  Deut 10:20.  (1) Matt 5:29;  10:37;  Hand 5:29. 

Vraag 95:  Wat is afgodery? 

Antwoord:  Dit is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar, het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel (a). (a) Ef 5:5;  1 Kron 16:26;  Fil 3:19;  Gal 4:8;  Ef 2:12;  1 Joh 2:23;  2 Joh 9;  Joh 5:23. 


Opnamedatums: 2023 01 17  


Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag   

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page