top of page

45) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 32 Vraag 87: Sonder werke Sonder saligheid Ds Faan Smit

Volg Sondagmiddae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Oud en jonk sal hierby baat. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186.


Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb  Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 32 

Vraag 87:  Kan die mense dan nie salig word wat in hulle goddelose, ondankbare lewe volhard en hulle nie tot God bekeer nie? 

Antwoord:  Nee, glad nie.  Want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodedienaar, egbreker, dief, gierigaard, dronkaard, lasteraar, rower en sulkes die koninkryk van God sal beërwe nie (a). (a) 1 Kor 6:9, 10;  Ef 5:5, 6;1 Joh 3:14.

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page