
42) Onse Kategismus vir Kinders
Sondag 30 Vr 81,82 Moenie uit-mis op die Nagmaal (2) Ds Faan Smit
Heidelbergse Kategismus Sondag 30 Vraag 81: Wie moet na die nagmaalstafel van die Here kom? Antwoord: Hulle wat vanweë hulle sondes 'n afkeer van hulleself het, maar tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is en dat die swakhede wat nog oor is, met sy lyding en sterwe bedek is; en die wat ook begeer om hulle geloof hoe langer hoe meer te versterk en hulle lewe te verbeter. Maar die huigelaars en die wat hulle nie van harte tot God bekeer nie, eet en drink 'n veroordeling oor hulleself (a). (a) 1 Kor 11:28; 10:19-22. Vraag 82: Moet die mense ook aan die nagmaal toegelaat word wat met hulle belydenis en lewe wys dat hulle ongelowig en goddeloos is? Antwoord: Nee, want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die hele gemeente opgewek (a). Daarom is die Christelike kerk volgens die bevel van Christus en sy apostels verplig om sulke mense met die sleutels van die koninkryk van die hemel uit te sluit, totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys. (a) 1 Kor 11:20, 34; Jes 1:11; 66:3; Jer 7:21; Ps 50:16.
Opnamedatum: 2022 11 08
Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel
Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/