top of page

41) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 30 Vr 80 Moenie uit mis op die Nagmaal (1) Ds Faan Smit

Volg Sondagmiddae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Oud en jonk sal hierby baat. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186.  


Skryf gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir bykans 1000 video's video's, insluitend die Onse Kategismus vir Kinders, Helpende Woord, Preke, Bybelstudies en Geskiedenisvideo's. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang 


Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb  

Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.  


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 30 

Vraag 80:  Wat is die onderskeid tussen die nagmaal van die Here en die Roomse mis? 

Antwoord:  Die nagmaal betuig aan ons dat ons volkome vergewing van al ons sondes het, ter wille van die enige offer van Jesus Christus wat Hy self eens en vir altyd aan die kruis volbring het (a), en dat ons deur die Heilige Gees in Christus ingelyf word (b), wat nou na sy menslike natuur in die hemel aan die regterhand van die Vader (c) is en daar deur ons aanbid wil word (d).  Die Roomse mis, daarenteen, leer dat die lewendes en die gestorwenes nie deur die lyding van Christus vergewing van sondes het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulle deur die priesters geoffer word.  Verder dat Christus liggaamlik in die brood en wyn aanwesig is en derhalwe daarin aanbid moet word.  Die mis is dus in wese niks anders nie as 'n verloëning van die enige offer en lyding van Jesus Christus en 'n afgodery wat vervloek is (e). (a) Heb 10:10, 12;  7:26, 27;  9:12, 25;  Joh 19:30;  Matt 26:28;  Luk 22:19.  (b) 1 Kor 10:16, 17;  6:17.  (c) Joh 20:17;  Kol 3:1;  Heb 1:3;  8:1.  (d) Matt 6:20, 21;  Joh 4:21;  Luk 24:52;  Hand 7:55;  Kol 3:1;  Fil 3:20;  1 Tess 1:10.  (e) Heb 9:26;10:12, 14.  


Opnamedatum: 2022 11 08  


Musiek gebruik in hierdie video:  Psalmverwerking: Henning Dafel   

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page