top of page

41) Hou aan getuig!
Bybelstudie uit Hand 18:1 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
Ons moet onsself indink hoe Paulus teen hierdie stadium al gevoel het ten opsigte van hierdie geweldige opdrag wat die Here hom gegee het en hoe hy telkens in teenstand homself vasgeloop het, telkens verjaag was, geslaan is, gestenig is, bespot is en uitgelag is. En as hy hier in Korinthe aankom, is dit duidelik dat hy half aan die einde van sy kragte is. Volg die Bybelstudie uit Handelinge, aangebied deur ds Gustav Opperman Woensdae op @WoordeuitsyWoning . Vir alle vorige Bybelstudies in die reeks, kliek op die Handelinge speellys/playlist aan die einde van die video.
bottom of page