top of page

40) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 28, 29 Nagmaal: Tekens van die Liggaam en Bloed ds F Smit

Volg Sondagmiddae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Oud en jonk sal hierby baat. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186.   


Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb 

Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.  


Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 29 Vraag 78,79 


Vraag 78:  Verander die brood en wyn dan in die werklike liggaam en bloed van Christus? 

Antwoord:  (a) Nee, maar soos die water by die doop nie in die bloed van Christus verander of die afwassing van sonde self is nie, maar slegs 'n Goddelike teken en versekering daarvan (b), so verander die brood by die nagmaal nie in die liggaam van Christus self nie (c).  Ooreenkomstig die aard en gebruik van die sakramente word die brood egter die liggaam van Christus genoem (d). (a)  Matt 26:29.  (b) Ef 5:26;  Tit 3:5.  (c) 1 Kor 10:16;  11:26.  (d) Gen 17:10, 11;  Eks 12:11, 13;  13:9;  1 Pet 3:21;  1 Kor 10:3, 4. 

Vraag 79:  Waarom noem Christus dan die brood sy liggaam en die beker sy bloed of die nuwe Testament in sy bloed en waarom noem Paulus dit die gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus? 

Antwoord:  Daar is gewigtige redes waarom Christus so sê:  Hy wil ons daarmee leer dat, soos brood en wyn die tydelike lewe onderhou, so voed sy gekruisigde liggaam en gestorte bloed, as die egte voedsel en drank, ons siele vir die ewige lewe (a).  Verder wil Hy ons deur hierdie sigbare tekens en waarborge veral verseker dat ons net so seker deur die werking van die Heilige Gees aan sy ware liggaam en bloed deel kry as wat ons hierdie heilige tekens met die liggaamlike mond tot sy gedagtenis ontvang (b).  Hy verseker ons ook dat al sy lyding en gehoorsaamheid so seker ons eie is asof ons self in eie persoon alles gely en die skuld vir ons sondes aan God ten volle betaal het. (a) Joh 6:55.  (b) 1 Kor 10:16.  


Opnamedatums: 2022 10 25  


Musiek gebruik in hierdie video:  Psalmverwerking: Henning Dafel   

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page