top of page

23) Onse Kategismus vir Kinders

Sondag 16 Vr 43,44 Vir my, in my plek Ds F Smit @WoordeuitsyWoning ​

Laai die gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb  

Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.


Heidelbergse Kategismus Sondag 16 

Vraag 43: Watter nut verkry ons nog meer uit die offerande en die dood van Christus aan die kruis? Antw. Dat deur sy krag ons ou mens saam met Hom gekruisig, gedood en begrawe word (a), sodat die bose luste van die vlees in ons nie meer regeer nie (b), maar dat ons onsself aan Hom as 'n offerande van dankbaarheid kan toewy (c). 

Vraag 44: Waarom volg daar: Wat neergedaal het na die hel?  

Antw. Dat ek in my swaarste aanvegtinge seker kan wees en myself volkome kan vertroos dat my Here Jesus Christus deur sy onuitspreeklike benoudheid, smarte, verskrikking en helse kwelling waarin Hy in sy ganse lyde (a) (maar veral aan die kruis) versink het, my van die helse benoudheid en pyn verlos het (b).  

Opnamedatum: 2022 09 27


Volg Sondagmiddae die reeks gratis video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg.  

Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186. 

Teken gratis in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir alle video’s in hierdie reeks. Volg ons op Faceboek, YouTube, WhatsApp enTelegram.


Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag  

Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0  

Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  

Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page