
21) Opgestaan vir my!
Volledige Erediens Luk 23 HK 17 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
Bron: Lees Luk 23:50-24:12 Heidelbergse Kategismus Sondag 17
Vraag 45: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?
Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin, sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak. Ten tweede word ons nou ook deur sy krag tot 'n nuwe lewe opgewek. Ten derde is die opstanding van Christus vir ons ’n betroubare waarborg van ons salige opstanding.
Sing: Ps. 145:1,9,10,12; 97:6,7; 89:6,17; 149:1,2
Tema: Die nut van die opstanding
Agtergrond tot preek:
Geliefdes, hoe het ons die evangelie ontvang? En hoe luister ons daarna? Sê ons vir onsself: Hierdie pragtige skoongewaste klere is goed en gaaf … ek sal dit graag eendag wil aantrek … maar vereers sal ek 'n rukkie langer in die ou bekende grafklere wil rondloop. Of dalk het ons al die skoongewaste klere in dankbaarheid ontvang … Maar, wat 'n stryd om daardie klere skoon te hou!
Musiekbesonderhede:
1)Intro Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
2) Sang, Psalmteks en Orrelbegeleiding: GK Krugersdorp (met dank)
3) Outro Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/