
2022: Rampjaar of Jubeljaar?
Jeremia 32 Ds Gustav Opperman GK Ventersburg Woorde uit sy Woning
Die jaar 2022 is vinnig, baie vinnig besig om na sy einde te spoed. Ons kan amper al begin bestek opneem: Is hierdie vir u ‘n rampjaar of ‘n jubeljaar? Woordverkondiging: Lev 25 & Jer 32, ds Gustav Opperman GK Ventersburg.
Miskien was dit ook maar net nog ‘n rampjaar, sal u sê, dalk ‘n nog erger rampjaar as die vorige rampjare ... Ons sink net al hoe dieper die moeras in ... Ons mense verloor ons grond op allerlei wyses Ons verloor al hoe meer seggenskap in hierdie land ... Ons verloor ons kultuur Ons taal ... Miskien was ons voorheen op bykans elke terrein voorheen bevoordeel, maar nou word ons op bykans elke terrein benadeel ... Ons en ons kinders ...
Bo en behalwe al ander ellendes: die misdaad, die siektes, soveel lidmate oorlede in die gemeente ... behalwe die ekonomiese agteruitgang ... die agteruitgang van due kerk ... Ons kan een van twee dinge doen ... Ons kan sê: hierdie is net nog ‘n rampjaar ... en al sugtende dieper die moeras insink ... Of ons kan sê: hierdie is nog ‘n rampjaar laat ons maar eerlik wees ... Maar ... ons is mos almal gedooptes ons is mos almal kinders van die belofte ...
Kom ons plaas hierdie rampjaar in die lig van die jubeljaar ... die jubeljaar wat nog moet kom ... En dis wat die profeet Jeremia ook doen Hy plaas die rampjaar in die lig van die jubeljaar wanneer hy namens sy familie ‘n stuk grond koop, en die sewentien sikkels silwer daarvoor afweeg ... Jeremia koop die familiegrond in ‘n rampjaar ‘n verskriklike jaar vir hom en ‘n verskriklike jaar vir die volk ...
Bron: Levitikus 25:23-28; Jeremia 32:1-15
Teks Jeremia 32:8c,9: Toe het ek gemerk dat dit die woord van die HERE was. Daarop het ek van Hanámeël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Anatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.
Opnamedatum: 2022 10 09
Intro Musiek gebruik in hierdie video:
Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video:
Met dank en erkenning: Ps 144 Glorieryke Psalms
www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336
Orrelis: Harry Jonkers
Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library.
With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/