
20) Onse Kategismus vir Kinders
Sondag 15 Vr 37,38 Ly: Klein Woordjie, Groot saak Ds Faan Smit
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb
Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.
Bron: Heidelbergse Kategismus
Vraag 37: Wat verstaan jy onder die woordjie: gely?
Antw. Dat Hy aan liggaam en siel die ganse tyd van sy lewe op die aarde, maar veral aan die end van sy lewe, die toorn van God teen die sonde van die ganse menslike geslag gedra het (a), sodat Hy met sy lyde as met die enigste soenoffer (b) ons liggaam en ons siel van die ewige verdoemenis kon verlos (c) en vir ons die genade van God, geregtigheid en die ewige lewe kon verwerf (d).
Vraag 38: Waarom het Hy onder die regter Pontius Pilatus gely?
Antw. Om ons, deurdat Hy onskuldig onder die wêreldlike regter veroordeel is (a), te bevry van die strenge oordeel van God wat oor ons moes gaan (b).
Opnamedatum: 2022 09 27
Musiek gebruik in hierdie video:
Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag
Outro Music:
Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com