
19) Onse Kategismus vir Kinders
Sondag 14Vr 35,36 Nut van die maagdelike geboorte Ds Faan Smit
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholbBaie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.
Skerp jou kennis op van die Heidelbergse Kategismus. Volg Sondagmiddae die reeks video’s waarin ds Faan Smit, GK Heidelberg die Kategismus vir oud en jonk ontsluit. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186. Teken in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir alle video’s in hierdie reeks. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.
Bron: Heidelbergse Kategismus
Vraag 35: Wat beteken die woorde: Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria?
Antw. Dat die ewige Seun van God, wat waaragtige en ewige God is (a) en bly (b) 'n ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria (c) deur die werking van die Heilige Gees, aangeneem het (d), sodat Hy ook die ware nakomeling van Dawid sou wees (e), aan sy broeders in alle opsigte gelyk (f) uitgesonderd die sonde (g).
Vraag 36: Watter nut verkry jy deur die heilige ontvangenis en geboorte van Christus?
Antw. Dat hy ons Middelaar is (a) en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor die aangesig van God bedek (b).
Opnamedatum: 2022 09 08
Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/