
18) Onse Kategismus vir Kinders
Sondag 13 Vr 33,34 Jesus, sy Seun, ons Here Ds Faan Smit
Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 13 Vraag 33: Vr. Waarom word Hy die eniggebore Seun van God genoem as ons tog ook kinders van God is? Antw. Omdat Christus alleen die ewige, natuurlike Seun van God is (a) terwyl ons om sy ontwil uit genade tot kinders van God aangeneem is (b). Vraag 34: Waarom noem jy Hom ons Here? Antw. Omdat Hy ons met liggaam en siel van al ons sondes, nie met goud of silwer nie, maar met sy dierbare bloed gekoop en van alle heerskappy van die duiwel verlos het en ons so tot sy eiendom gemaak het (a).
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App nou beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb
Baie Dankie aan Solidariteit Helpende Hand wat hierdie toepassing vir ons help ontwikkel het en ook borg.
Skerp jou kennis op van die Heidelbergse Kategismus. Volg Sondagmiddae die reeks video’s waarin ds Faan Smit, GK Heidelberg die Kategismus vir oud en jonk ontsluit. Vervaardigers: Woorde uit sy Woning. Navrae: Gustav en Ina Opperman +27 836502186. Teken in op ons webblad: woordeuitsywoning.com vir alle video’s in hierdie reeks. Kontak ons by +27 836502186 indien u ons videokennisgewings op WhatsApp en Telegram wil ontvang.
Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag
Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/