
14) Onse kategismus vir Kinders
Sondag 10 Vr 27,28 Ds Faan Smit @WoordeuitsyWoning
Bron: Heidelbergse Kategismus
Vraag 27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?
Antw. Die almagtige en alomteenwoordige krag van God (a), waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsele as met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, spys en drank, gesondheid en krankheid (d), rykdom en armoede (e) en alle dinge nie by toeval nie, maar uit sy vaderlike hand ons toekom (f).
Vraag 28: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskape het en nog deur sy voorsienigheid onderhou?
Antw. Dat ons in alle teëspoed geduldig (a), in voorspoed dankbaar moet wees (b) en in alles wat nog oor ons kan kom, 'n vaste vertroue moet stel op ons getroue God en Vader (c), dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels só in sy hand is dat hulle teen sy wil hulle nie kan roer of beweeg nie (e).
Die Onse Kategismus vir Kinders Toep/App reeds beskikbaar! Laai Woorde uit sy Woning se gratis kindervriendelike Onse Kategismus Toep/App af. Installeer selfoon, tablet of rekenaar: https://bit.ly/3HTholb Dankie aan Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging wat hierdie video toepassing vir ons borg en help ontwikkel het!
Opnamedatum: 2022 08 16
Musiek gebruik in hierdie video: Psalmverwerking: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242Gag Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/