
130) Wees nie besorg!
(Volledige Erediens: Luk 12:22-34 Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
Bron: Luk 12:22-34
Teks: 12:31 : Soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Tema: Die Godsoekende mens mag homself nie bekommer nie.
Psalms:34:1,2; 34:6,7; 104:17,18,20; 145:9,10,11
Agtergrond tot die preek: En so tot vandag toe het ons met ‘n soekende wêreld te doen. Almal wil iets hê, wat hulle nie het nie. Om julle te kwel is onnodig. Die Vader sorg. Die Here sê nie ons moet onverantwoordelik wees nie. Hy sê nie ons moet nie werk nie. Hy sê nie ons moet ‘n fatalistiese houding inneem van laat Gods water maar oor Gods akker loop nie. Jesus sê ook nie ons moenie beplan vir die toekoms nie. Baie van ons bekommer ons oor ons bankrekening, maar staan koud teenoor ons hemelrekening.