
117) God se Woord in Voortgang
(Volledige Erediens:1 Kon 17) Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
BRON: Lees 1 Konings 16:29 – 17:16
Teks: 1 Konings 17:14 Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.
Tema: God onderhou die Woordbediening
Psalms: 36:2,3; 34:7,8; 33:10,11; 67:1,2,3
Agtergrond tot die preek: En as dit waar is, dat ons nie van brood sal leef nie, maar sal leef van elke Woord wat by die HERE se mond uitgaan ... dan beteken dit dat die gemeente se bekommernis nie moet wees of dat ons ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan finansies nie, maar dat ons ten gronde sal gaan, weens ‘n gebrek aan Woordbediening ... En daardie twee dinge is nie noodwendig dieselfde nie. Dit sien ons duidelik in ons Skrifgedeelte. Daar kan nog Woordbediening wees, al is daar nie meer ‘n dooie sent in die kerkkas oor nie.