
108) Maak onderskeid
(Volledige Erediens: Lev 10) Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
Bron: Lees Lev 10 (1-11)
Teks: Lev 10:10: " en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is"
Tema: Maak onderskeid!
Agtergrond tot die preek: Wanneer ons ons lewens in die hande van ‘n snydokter oorgee, dan verwag ons van hom een ding, een lewensbelangrike vermoë. Hy moet die gawe van onderskeiding hê. Dis lewensbelangrik dat hy dit kan doen. Dis lewensgevaarlik as hy dit nie kan doen nie. Nou as dit kom by ons geestelike lewens, is dit tog vir my kommerwekkend, dat so baie gelowiges oor sy of haar onderskeidingsvermoë ongeërg kan wees; dat so baie ampsdraers ongeërg kan wees oor die gemeente se onderskeidingsvermoë. Die gelowige se vermoë om die dinge aangaande God en sy wil ...om daarin te kan onderskei.