
105) 'n Valse Hemel
(Volledige Erediens: Luk 9) Ds Gustav Opperman @WoordeuitsyWoning
Bron: Lees: Luk 9:18-22; 28-36; 2 Pet 1:15-21
Teks 33: Petrus sê vir Jesus: Meester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie hutte maak, een vir U en vir Moses een en een vir Elía ... hy het nie geweet wat hy sê nie.
Tema: Weet jy wat jy sê?
Psalms: 98:1: 98:2; 25:2,3; 89:1,3; 89:6,7
Agtergrond tot die preek: Vir ‘n oomblik beleef hulle iets van dit wat so baie van ons graag wil beleef en dit is om kontak te maak met die ander kant, in baie gevalle om kontak te maak met ‘n geliefde of geliefdes wat nie meer met ons is nie. Daarom ook dat mense met die afsterwe van ‘n geliefde dinge sê, dinge op begrafnis-briewe skrywe, dinge met huldeblyke en roudienste kwytraak, dinge soos: “God het die mooiste blom in sy tuin kom pluk”. Hulle weet nie wat hulle sê nie. Net soos Petrus in ons Skrifgedeelte nie geweet het wat hy sê nie.