top of page

1 miljoen stukkende Bybels? Afrikaner lees jy jou Bybel?
Preek Thessalonicense 17 - Woorde uit sy Woning
Tema: Die adelikes het stukkende Bybels! Lees Handelinge 17:1-14, 1Thessalonicense 1:1-2:16, 5:12-28 Teks Handelinge 17:11 Hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka, hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Om op die Here se rusdag saam met die gemeente byeen te kom, is ’n goeie gewoonte, ’n goeie gewoonte van alle goeie dissipels van die Here Jesus deur alle eeue. Ons teksgedeelte is nog nie klaar met edelmoedigheid nie. Daar word nog ’n kwalifikasie daaraan geheg ... iets wat blykbaar by die mense van Berea baie opvallend was. Hulle het nie net die Woord met alle welwillendheid ontvang nie, maar hulle het ook elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was! En die mense van Berea het daarvan gebruik gemaak om die verkondigde woord daaraan te meet ... om die apostel Paulus se getuienis en belydenis daaraan te ondersoek, elke dag ... Moenie die geskrewe Woord minag nie, maar gebruik dit om alle dinge wat gesê word ... Ja, selfs die woordverkondiging ... veral die woordverkondiging ... daaraan te toets. Gebruik dit om die getuienisse en belydenisse van mense daaraan te beproef. Vandag waai daardie Charismatiese wind weer stormsterkte onder ons mense. Destyds kon die eenvoudige adelikes in hierdie volk daardie gees beproef. Hoekom? Want hulle het nie net daardie woord ontvang nie, maar hulle het ook elke dag daardie Skrifte ondersoek om self te lees of hierdie dinge so was. Die Skrifte is immers die fondament van die kerk, die vastigheid van ons geloof ... Oral, op elke bladsy, skitter die juwele van God se genade! Ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte (2 Petrus 1:19). By die Goddelike adellikes, vind jy die verweerde Bybel ... vind jy die Bybel vol vingermerke ... vind jy die stukkend geleesde Bybel position: 750
bottom of page