
'n Sondaar word gered
Luk 22 Ds Gustav Opperman GK Colesberg @WoordeuitsyWoning
As ons die Man van Smarte se optrede reg wil verstaan, dan moet ons die verklaring by die Drie-enige God self soek; moet ons dit soek by die raad, God se ewige vredesraad wat gehou was tussen God die Vader, God die Seun en God die Heilge Gees voor die grondlegging van die wêreld. Dis Hulle wat aan hier aan die werk is, soos hulle nog altyd aan die werk was vanaf die skepping tot nou en soos hulle tot aan die voleinding aan die werk sal wees.
Bron: Lees Luk 22:54-62
Teks: 22:60b-62 En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai. En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
Tema: Die Drie-enige God altyd aan die werk vir ons verlossing
Psalms: 118:12,14; 107:1,3; 33:5,6; 18:1,14.