top of page

'n Nuwe begin by die puinhope van die kerk. Vreugdedoop.
Preek Psalms 102 - Woorde uit sy Woning
“Maar U, o HERE, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag. U sal opstaan, U oor Sion ontferm, want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom. Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.” Psalm 102:12-14 Woordverkondiging, ds Gustav Opperman,. Bykans 400 video's beskikbaar op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Ons hoor die sugtinge van ‘n moeë wêreld ... Tot in der dae toe sat! Tot in der nagte toe sat! Dis asof die Job, die Bybelse figuur namens almal praat, wanneer hy sê: As ek gaan lê, dan dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe (Job 7:4). Ja, in die woorde van ons Psalm verdwyn ons dae en jare soos rook. As u my nie wil glo nie, geliefdes kom ... kom loop af saam met my in die volgepakte gange van die hospitale in hierdie land waar die Covid beddens in rye staan. Kom ons besoek die plaaslike ouetehuis en die talle ander inrigtings waar hulle daar lê ... jaar in en jaar uit. Sommige se gebeente kleef aan hulle vlees. Kom ons besoek die ander wat jaar in en jaar uit siek en oud deur die huis skuifel en diegene wat jaar uit en jaar in hierdie of daardie verhouding uitgebuit word ... by die werk, of by die huis. Hulle dae is soos ‘n skaduwee wat lank geword het. Die jare kom en gaan ... en die wêreld is stadig maar besig om te vergaan. Maar U ... maar die HERE, (ja, hier is die groot maar van Psalm honderd en twee) maar die HERE ... Hy bly. Hy bly tot in ewigheid en Hy staan op. Hy bly nie sit nie ... en Hy sal Hom oor Sion ontferm, want dit is tyd om Sion genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom. Bron: Psalm 102 'n Nuwe Begin by die Puinhope - Vreugdedoop Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2020 07 12 Hierdie Bybelstudie en Kategismusreekse kan met vrug aangewend word deur 'n gelowige of groep gelowiges. Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65, Psalm 102, 105 & Psalm 144, Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Psalm 134 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan position: 373
bottom of page