top of page

'n Splinternuwe lewe!
Preek Romeine 5 - Woorde uit sy Woning
Die dood het oor die hele wêreld geheers deur een man se sonde. Maar dink daaraan wat Een Man se offer tot gevolg gehad het: 'n Splinternuwe lewe! Volg die aktuele Romeinereeks: Reg voor God op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Hierdie is die 28ste video in die reeks. As jy die essensie van die mensdom se probleem wil verstaan en God se antwoord daarop, lees die brief aan die Romeine. Na bykans twee duisend jaar het hierdie brief soos die res van die Bybel die toets van die tyd weerstaan en skitter dit vandag eers met dringende aktualiteit. Paulus, die slaaf van Jesus Christus, het 'n voorneme gehad om die christene in Rome te besoek. Om verskeie redes kon hy nie hierby uitkom nie en daarom skryf hy toe aan hulle 'n brief... 'n merkwaardige brief. Hierin word die hoof leerstellinge van dit wat hy die die Goeie Nuus noem, uiteengesit en verduidelik. Die brief aan die Romeine sou later die fundamentele dokument van die Christelike leer word. In hierdie reeks preke uit Romeine begelei Ds Gustav Opperman jou op hierdie reis. Bron: Romeine 5:17 'n Splinternuwe lewe! Romeinereeks: Reg voor God#28 Ds Gustav Opperman Gereformeerde Kerk Matlabas Woorde uit sy Woning 2019 05 12 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Romeine: Saraband and Variations (Händel) Birth Date\u200e: \u200eFebruary 23, 1685 Death Date\u200e: \u200eApril 14, 1759 Orrelis – Mariaan Senekal position: 419
bottom of page